dinsdag 21 mei 2013

Gedicht van Elisabeth Eybers




Ek ken die nag
Ek ken die nag se binnekant,
Met oë gesper, met hand en tand
Het ek sy omtrekke betas,
Sy ryk van hoek tot kant gemeet.
Geen uithoekie waar ek nie was,
Die soet wegsink het my versaak,
Elke sekondevolle uur
Het my ronddolery aangevuur,
My meer gewys as wat ek wou weet.
Sy gramadoelas afgepas
Het ek die nag omstandig meegemaak,
Ken ek sy binnekant.